Die 75-jarige Johan Kotze is tans in ‘n kliniek in Rustenburg opgeneem na hy uit haglike omstandighede by ‘n skuiling gevind is. Die gemeenskap staan nou saam om te probeer om sy familie op te spoor.
Ruth Jacobs van Pretoria-Noord, wat die Facebook-blad Mense People Do Care/Mense Gee Om bestuur, het op die blad ‘n plasing gemaak waarop sy vra dat enigiemand met inligting na vore kom om te help om oom Johan se familie op te spoor.
Sy sê aan FiND iT dat Johan uit die skuiling gered is en dat hy tans in die kliniek pgeneem is. Wanneer hy uit die kliniek ontslaan word, gaan hy na Uncle Ben’s Den, wat tans vir hom ‘n plekkie voorberei.
Sy sê volgens die iligting wat hulle tot dusver bymekaar kon maak, blyk dit asof Johan ‘n dogter, Riana, het, twee seuns, Johannes Hendrik en Adam, en sy vrou/eks-vrou is Isabel/Riana.
Johan is glo ook baie deurmekaar en kan nie bevestig of die inligting korrek is nie.
Indien jy enigiets weet of die name of Johan se gesig by jou ‘n klokkie lui, kontak Ruth by 073 196 2956.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



