Adam Barnard se familie vra media om terug te staan

Deel hierdie storie / Share this story

Die voormalige lid van Romanz, Adam Barnard (37), word môre vir oulaas gegroet.

Sy familie het die media gevra om terug te staan tydens ‘n plasing op een van sy sosialemedia blaaie.

“Die diens sal gestroom kan word, maar is uitsluitlik vir familie en vriende,” lees die plasing.

Barnard het verlede week sy stryd teen nierversaking verloor. Hy het jare geveg teen die siekte.

Barnard was in ‘n koma in die dae voor sy dood.

Dit het toe eers bekend geword hoe gereeld Barnard die laaste tyd in hospitale behandel is vir sy toestand.

Die skakel na die diens sal glo later vandag geplaas word.

Intussen is daar ‘n plasing wat vra vir hulp om Barnard se vrou wat ‘n onderwyseres is by te staan met die uitstaande rekeninge wat agterbly na Barnard se dood.

Barnard was net so gewild as solokunstenaar as wat hy was toe hy ‘n lid van die mansgroep Romanz was.