‘n Zimbabwiese PhD-student aan die Universiteit van Witwatersrand het homself die naweek om die lewe gebring na hy nie vir die akademiese jaar kon registreer nie.
Philip Chuma, wat beskryf word as ‘n toegewyde PhD-student in onderwys, se studiepermit het aan die einde van Januarie 2022 verval. Hy was glo gereeld in kontak met die departement van binndelandse sake om die permit te hernu.
Die universiteit sê hy kan geen student vir die akademiese jaar laat registreer tensy die student ‘n geldige studiepermit het nie en omdat Chuma se permit verval het, kon hy nie registreer nie.
Shirona Pate, woordvoerder vir die Universiteit van Witwatersrand, het aan News24 gesê geen verandering is aan die beleid van die universiteit aangebring sedert dit aanvanklik ingestel is nie.
Indien jy of enigeen wat jy ken hulp nodig het, skakel die Suicide Crisis Helpline by 0800 12 13 14.



