Polisiebeampte doodgeskiet toe hy tydens kaping wou help

Deel hierdie storie / Share this story

Die 52-jarige adj.-off. Micheal Jameson het sy dogter by die skool gaan oplaai toe hy ‘n kaping buite die skool sien gebeur het en wou ingryp.

Woensdagmiddag om 14:15 was adj.-off. Jameson buite sy dogter se skool in Umbilo, Durban om haar ná skool op te laai. Hy het ‘n kaping sien gebeur en het besluit om, al was hy nie aan diens nie, in te gryp en te probeer help.

Toe die verdagtes sien dat Jameson gewapen was, het hulle skote op hom begin afvuur. Hy het teruggeskiet, maar is op die toneel aan sy beserings dood.

Die polisie in KwaZulu-Natal het nou alle hulpbronne beskikbaar gestel om die verdagtes vas te trek.

Twee voertuie, waarvan een die motor wat gekaap is, en ‘n ander wat ook in Hammersdale deur dieselfde verdagtes gesteel is, is verlate gevind na die verdagtes vermoedelik vir die polisie probeer wegjaag het.

Enigiemand met inligting oor waar die verdagtes kan wees, kan hul naaste polisiestasie kontak.