Probeer gerus hierdie resep vir jou eie KFC. Laat weet ons in die kommentaar of dit soos die ware Jakob proe.
Mikrogolf jou hoenderboudjies vir 10 minute in ‘n bak water. Droog goed met kombuispapier.
Smeer dan die boudjies met olyfolie.
Rol die boudjies vervolgens in ‘n mengsel van Southern Coating en die Zinger Wings-gegeurde Simba Chips.
Bak die boudjies in jou lugbraaier (airfryer) vir 20 minute teen 180°C en dan vir 10 minute teen 200°C.
Resep & foto: Mireille Santillan, Air Fryer Recipes South Africa



