Die gholfwêreld se nommer 3, Lydia Ko, is geprys vir haar eerlike antwoord oor haar menstruasie wat ‘n onderhoudvoerder na sy woorde laat soek het.
Tydens die laaste rondte van die Palos Verdes-kampioenskap Sondag kon gesien word hoe Ko behandeling van haar fisioterapeut Chris Wicker ontvang vir ‘n oënskynlike stywe rug.
Nadat sy haar rondte voltooi en ‘n een-onder 70 behaal het om gelykop in die derde plek te eindig, is die 25-jarige Koreaans-gebore Nieu-Seelandse ster deur ‘n Golf Channel-aankondiger, Jerry Foltz, gevra oor die terapeut, sy behandeling en of daar enige rede tot kommer is.
“Ek hoop nie so nie,” het Lydia Ko gesê. “Dit is daardie tyd van die maand. Ek weet die dames wat kyk, dink waarskynlik: ‘Ja, ek weet.’ So, wanneer dit gebeur, word my rug regtig styf, en ek is heel gedraai. Dit is nie die eerste keer dat Chris (Wicker) my so sien nie, maar dit het baie beter gevoel nadat hy my behandel het. So ja, daar het jy dit.”
Die verslaggewer het na woorde gesoek en toe net gesê: “Um …. Dankie”.
Ko het die ongemaklikheid afgelag en met ‘n glimlag gesê: “Ek weet jy soek na woorde, Jerry. Dit is eerlikwaar hoe dit is.”
Lydia Ko explaining that her mid-round physical therapy was because it’s “that time of the month.”
— The Fried Egg (@the_fried_egg) May 2, 2022
“I know you’re at a loss for words Jerry. Honesty it is!” pic.twitter.com/uVnzVXIhGX
Bronne: MSN, The World News, Twitter
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Meisie (8) oorleef keel wat gesny word



