Bill Murray verbreek stilte oor beweerde onvanpaste gedrag op filmstel

Deel hierdie storie / Share this story

Vroeër hierdie maand het Searchlight Pictures die produksie van Being Mortal, met Aziz Ansari, Bill Murray en Seth Rogan, opgeskort.

Die skorsing het gevolg nadat die produksiemaatskappy ‘n klag ontvang het teen Bill Murray, met verwysing na “onvanpaste gedrag” op stel.

Die presiese besonderhede van die klagte bly onbekend. Searchlight Pictures het wel ‘n verklaring aan die rolverdeling en span van Being Mortal uitgereik waarin hulle verduidelik dat die produksie gestaak word.

“Laat verlede week is ons bewus gemaak van ‘n klagte,” lui die brief. “En ons het dadelik daarna gekyk. Nadat die omstandighede hersien is, is besluit dat produksie nie tans kan voortgaan nie.”

Alhoewel dit die eerste keer is dat ‘n hele film vertraag is weens Bill Murray se gedrag, was dit nie die eerste klagte van ‘n soortgelyke aard wat teen hom ingebring is nie.

Op die Asian Enough-potgooi het die Emmy-genomineerde akteur Lucy Liu Bill Murray se gedrag op die Charlie’s Angels-stel “onverskoonbaar en onaanvaarbaar” genoem.

Na meer as ‘n week van stilte het Bill Murray ‘n verklaring uitgereikoor sy beweerde wangedrag op die Being Mortal-stel.

In ‘n onderhoud met CNBC het Bill Murray oor die voorval gepraat: “Ek het iets gedoen wat ek gedink het was snaaks, en dit is nie so opgeneem nie,” het Murray gesê.

“Die maatskappy, die fliekateljee, wou die regte ding doen, so hulle wou dit alles nagaan, dit ondersoek. En so het hulle die produksie gestaak.”

Hy het geen besonderhede bekendgemaak of selfs die identiteit van die vrou wat hy beledig het nie. Murray het ook aanhangers verseker dat hulle aan hul verskille werk.

Bronne: Outsider, MSN

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Meisie (8) oorleef keel wat gesny word