Celine Dion stel konserte uit weens gesondheid

Deel hierdie storie / Share this story

Die Kanadese superster Celine Dion het haar Europese konsertdatums van haar Courage World Tour weens gesondheidsredes tot 2023 uitgestel.

Dit sal die Grammy-bekroonde ster se eerste toer sonder haar man en bestuurder, Rene Angelil, wat in 2016 aan kanker gesterf het, wees.

Dion het die eerste 52 vertonings van die toer gehou voor die aanvang van die Covid-19-pandemie aan die begin van 2020.