Facebook-verkragter dood in sel aangetref

Deel hierdie storie / Share this story

Die sogenaamde Facebook-verkragter, Thabo Bester, is dood in sy tronksel in Bloemfontein in die Vrystaat, aangetref.

Die veroordeelde verkragter en moordenaar is gister tydens ‘n brand by die Mangaung-gevangenis dood.

Die Departement van Korrektiewe Dienste sê hy was alleen in ‘n enkelsel ten tye van die brand.

Bester is in 2012 in hegtenis geneem nadat hy vroue, wat hy deur Facebook gelok het, aangerand en verkrag het.