Só lyk die nuwe brandstofpryse

Deel hierdie storie / Share this story

Die departement van minerale bronne en energie het pas die nuwe brandstofpryse aangekondig wat Woensdag by die petrolpompe in werking tree:

🔴 93-oktaan-petrol: Daal met 12c per liter.
🔴 95-oktaan petrol: Daal met 12c per liter.
🔴 0,005% swael diesel: Styg met 92 per liter.
🔴 0,05% swael diesel: Styg met 89c per liter.
🔴 Paraffien: Styg met 79c per liter.

Die nuwe brandstofpryse tree op Woensdag, 4 Mei, in werking.

Dit is ook die laaste maand wat die algemene brandstofheffing (GFL) van R1,50 wat by die basiese brandstofprys ingesluit is, tydelik opgehef is.