Speler van die toernooi gróót verrassing!

By die Absa Wildeklawer Sporttoernooi geniet jy nie net goeie rugby, lekker kos, fantastiese spel en lekker mense nie; maar daar is ook pryse regdeur die toernooi te wen.

Dugads en WeBuyCars, bied ‘n “man of the match” motorafslag-geskenkbewys aan die speler wat by dié toernooi uitgestaan het. Marius Schoeman, van die Suid-Afrikaanse Sewes-akademie en die Super Sport kommentators is die paneel wat die aanwysing van die speler van die toernooi doen.

Dit sal in die week aangekondig word en die oorhandiging sal by die skool plaasvind waaraan die leerling verbonde is.

Die geskenkbewys is ter waarde van R50 000 afslag op enige voertuig wat op WeBuyCars se vloer staan. Dugads dra 40% by tot hierdie afslag en WeBuyCars dra by tot die oorblywende 60%.

Wildeklawer is opgewonde oor dié inisiatief en ondersteun dit vir opkomende sportpersone.

Jaco Dames en Danie Botma is van Dugads en hulle help WeBuyCars om by skole te bemark namens hulle.

Die enigste voorwaardes verbonde aan dié geskenkbewys is dat dit tot die einde van die jaar geldig is, en die voertuig moet op die leerder se naam geregistreer wees. Die leerling moet ook ‘n geldige rybewys hê.

“Hierdie leerlinge wat speel maak nou klaar met skool, en gaan volgende jaar ‘n kar nodig hê as hulle gaan studeer. Jy kan ook ‘n scooter koop. So as die leerling 17 jaar oud is en hy wil volgende jaar self skool toe ry en hy wil vir hom ‘n motorfiets koop, kan hy selfs die geskenkbewys daarvoor gebruik.”

Leave a Reply

Your email address will not be published.