Meer as R425 000 reeds ingesamel vir Wannenburg-familie

Deel hierdie storie / Share this story

Ulster-rugby het hulde gebring aan Pedrie Wannenburg, met R425 000 wat reeds vir sy familie ingesamel is.

Wannenburg is op slag dood nadat ‘n 16-jarige in sy motor waarin hy en sy gesin, vasgejaag het. Sy seun, Francois, is in ‘n kritieke, maar stabiele toestand in die hospitaal.

Sy vrou, Evette, en dogter, Isabella, het niks oorgekom nie.

In ‘n verklaring deur Ulster-rugby sê hul Wannenburg se heengaan is tragies en hartseer

Wannenburg is ‘n voormalige Ulster-speler.

“Ter nagedagtenis aan sy bydrae tot die rugbyspan, en ons sport, kyk ons ​​terug na sy lewe en loopbaan, na aanleiding van die tragiese omstandighede wat verlede naweek plaasgevind het,” skryf die rugbygroep.

Wannenburg het 54 keer vir Ulster uitgedraf en nege drieë gedruk.

Hy het hom in 2010 vanaf die Blou Bulle by Ulster Rugby in Belfast Noord-Ierland aangesluit, nadat hy die eerste speler by die Suid-Afrikaanse klub geword het wat in 100 wedstryde uitgedraf het.

Wannenburg, wat in dieselfde seisoen as Johann Muller en Ruan Pienaar by die Iere aangesluit het, was deel van ‘n belangrike Suid-Afrikaanse kontingent wat :aangenome Ulster-manne” geword het.

Hy het Ulster aan die einde van die 2012-seisoen verlaat en in Frankryk vir beide Castres en Oyonnax gespeel. Hierna verhuis hy na die VSA waar hy vir Denver Stampede en Austin Elite gespeel het.

Wannenburg het daarna sy stewels opgehang en in 2019 die rol van assistent-afrigter van die Austin-klub ingeneem, ‘n posisie wat hy tot sy tragiese heengaan beklee het.

Rice University Rugbyklub in Texas, waar Pedrie ook vir die 2020-’21-seisoen afgerig het, het ’n fondsinsameling vir sy gesin geloods.