75 mense beseer in KZN bus ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Omtrent 75 mense is beseer en een vrou is vasgekeer nadat ‘n bus wat van ‘n troue af op pad was in sementversperrings vasgery het op die N2 in KwaZulu-Natal.

Volgens IPSS Medical Rescue het paramedici kort ná 02:00 op berigte van die busongeluk gereageer.

“Kort na 02:00 vanoggend het IPSS Medical Rescue oproepe ontvang oor nog ‘n ongeluk by die verkeersomleiding op die N2 Umhlalirivierbrug.

“By hul aankoms het IPSS Medical gevind dat ’n volgelaaide bus wat trougaste van Umzimkulu na Nongoma vervoer het teen die betonversperrings gebots en omgeslaan het.”

Daar word gesê dat hulp onmiddellik van ander dienste en EMRS aangevra is

“IPSS Advanced Life Paramedics het gewerk om ’n kritiek beseerde passasier te stabiliseer wat gedeeltelik onder die bus vasgekeer was terwyl KDM Fire haar bevry het.”

Die SAPS was op die toneel en sal die saak verder ondersoek.

Bronne: IOL, The South African

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Limpopo-boer skiet glo paartjie na hy hulle ‘met seekoeie verwar’