Die winter is hier! En dit beteken dat jou hele gesin – en dalk ook die tuin – ‘n nuwe baadjie sal moet aantrek. Jou GWK-handelstak staan gereed om jou hiermee te help.
GWK het ‘n wye reeks vellies, Camo-baadjies en ‘n verskeidenheid ander klere en skoene vir die manne, sowel as die skoner geslag. Daar is iets vir oud en jonk en vir elke smaak! Bring die hele familie en kom snuffel vir klere en skoene wat jou styl en sak sal pas.
Moenie huis toe gaan voordat jy ‘n draai by die Groenmyn-kwekery by die Kimberley-tak gemaak het nie. Die kundige personeel help graag met advies om jou winterstuin ‘n spog-tuin te maak. Kom kry alles wat jy nodig het, van saad en gereedskap tot insekbeheer, besproeiing en ander bykomstighede om vir jou tuin die regte sorg en voorkoms te gee.

Sien jou by een van GWK se handelstakke om jou familie, asook jou tuin, toe te rus om hierdie winter met gemak aan te durf.
Onthou ook van GWK se herfspromosie wat hierdie Saterdag, 30 April, eindig.
*ADVERTENSIE



