Universiteit Stellenbosch stel nuwe THINK-bank bekend

Deel hierdie storie / Share this story

Die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs ‘n ikoniese 10-ton funksionele kunsstuk – die THINK-bank – bekendgestel.

Dié bank is deur GT Ferreira, ‘n Merchant Bank (RMB)-stigter en US-alumnus, aan die universiteit geskenk.

Die 13-meter lange openbare beeldhoukunswerk voor die Ingenieurskompleks spel die woord ‘THINK’ van die een kant af, terwyl ‘n mens uit ‘n ander perspektief lewensgroot menslike silhoeëtte in verskillende denkposisies sien. Dit dien as ‘n nadenkende herinnering aan studente wat daar verby stap dat ‘n mens partykeer jou perspektief moet verander om anders te dink. – Universiteit Stellenbosch, Facebook

Foto’s: Universiteit Stellenbosch