‘n Amerikaanse man (56) is dood na hy tussen sy motor en ‘n masjien by ‘n motorwas-besigheid doodgedruk is.
Die man was glo by ‘n help-jouself karwas om sy motor skoon te maak. Volgens die polisie het die man sy motor parkeer en toe probeer uitklim, iets wat teen die reëls is.
Die polisie het gesê dat die motorwastoerusting nie aan was tydens die man se dood nie.
Volgens die polisie is die man nie gevind tot ‘n ander klant verbygestap het en die grusame ontdekking gemaak het en toe nooddienste gebel het nie. Toe mediese personeel by die toneel aankom, het hulle hom tussen van die motorwastoerusting en sy motor vasgekeer gevind.
Hulle vermoed ook geen vuilspel nie, maar sal steeds met die ondersoek voortgaan.
Bronne: MSN, NY Post
Volg FiND iT hier.
Lees ook: KYK: Noue ontkoming vir vrou wat onder trein beland



