Familie desperaat op soek na vermiste bejaarde vrou

Deel hierdie storie / Share this story

‘n 78-jarige vrou van Jan Kempdorp is sedert 11 April vermis en die polisie doen nou ‘n beroep op die gemeenskap om te help om haar op te spoor.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê Magret Maree is glo op 11 April laas gesien toe sy op pad was Ritchie toe om vir familie te gaan kuier.

Sy het egter nooit by haar bestemming uitgekom nie en sy is op 14 April as vermis aangemeld.

Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om die ondersoekbeampte sers. Raneo Molelekeng by 060 9769 067 te kontak.