Tronkstraf vir man wat 80-jarige verkrag en gyselaar hou

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (36) wat ‘n 80-jarige vrou deurnag gyselaar gehou en herhaaldelik verkrag het na hy by haar huis ingebreek het, is nou lewenslange tronkstraf opgelê.

Sizwe Ntwana (36) is op 14 April lewenslange tronkstraf opgelê na hy skuldig bevind is aan verkragting en huisbraak.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê inligting dui daarop dat Ntwana op 3 Junie 2020 omstreeks 22:30 by die slagoffer se huis ingebreek het.

“Hy het haar deurnag gyselaar gehou en haar herhaaldelik verkrag,” sê Tawana. “Die slagoffer kon uiteindelik wegkom ná sy Sizwe gesmeek het om haar te laat badkamer toe gaan en sy kon ontsnap.”

Sizwe het weggehardloop toe hy besef het die slagoffer se bure is op pad na haar huis.

Sizwe is in Daniëlskuil in hegtenis geneem en was in aanhouding tot sy DNA met die saak verbind kon word.