Grondboontjiebotter-koekies met 3 bestanddele

Deel hierdie storie / Share this story

Het jy al dié gewilde grondboontjiebotter-koekies gemaak met net drie bestanddele?

Bestanddele

  • 1 koppie suiker (250ml)
  • 1 koppie grondboontjiebotter (250 ml)
  • 1 eier

Metode

Stel die oond op 180°C

  1. Meng al 3 bestanddele met ‘n elektriese klister.
  2. Maak ewe groot balletjies en plaas dit op ‘n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.  Spray & Cook die bakpapier.
  3. Druk die koekies effens plat met die agterkant van ‘n vurk.
  4. Bak vir 10 minute.  Hou dit dop dat dit nie te bruin raak nie.

Wenke

  • Los die koekies op die bakplaat om af te koel.  Hulle gaan nog sag voel as dit klaar gebak het, maar raak lekker hard en bros as dit afgekoel het.
  • Jy kan sjokoladesplinters of fyn neute insit vir ‘n lekker twist.
  • Om al die koekies ewe groot te kry, gebruik ‘n klein roomysskepper of een van jou maatlepels.

Resep: marindakook.co.za

Foto: Land O’Lakes