Die man wat op 23 November 2019 ’n handgranaat na lt.-kol. Charl Kinnear se huis wou gooi, is nou 15 jaar tronkstraf opgelê.
Faeez Smith (28) het ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan vir sy aandeel in die gefnuikte aanval op Kinnear se huis. Net 10 maande na die aanval is Kinnear buite sy huis in Kaapstad doodgemaak.
Zinzi Hani, polisiewoordvoerder, sê Smith is altesaam tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.
Volgens Hani is Smith ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Kunstenaar bring hulde aan polisielid en polisiehond wat verdrink



