Twee polisielede en polisiehond dood weens vloede

Deel hierdie storie / Share this story

Twee polisielede en ‘n polisiehond is tragies dood weens die vernietigende vloede in KwaZulu-Natal.

Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, sê sers. Busisiswe Mjwara (42) was besig met ‘n soektog na drie ander slagoffers wat vroeër die week vermis geraak het, toe sy verdrink het.

Sy is na die hospitaal geneem, maar is dood verklaar.

Volgens sers. Mathe was die polisiehond Leah ook op die toneel om Mjwara te help, maar sy het ook verdrink.

Die 31-jarige konst. Thandazile Sithole is dood toe haar huis in KwaZulu-Natal weens die vloede ineengestort het.

Ten minste 30 polisiebeamptes is deur die vloede geraak, sommiges het beserings opgedoen en ander se huise het weggespoel.