Pres. Ramaphosa kondig ramptoestand aan

Deel hierdie storie / Share this story

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand in sy toespraak oor die vernietigende oorstromings in KwaZulu-Natal weer ‘n nasionale ramptoestand verklaar.

Die oorstromings affekteer die provinsie en ook dele van die Oos-Kaap.

Pres. Ramaphosa se toespraak het gevolg op die kabinetsvergadering.

Wat jy moet weet:

Daar is 443 mense oorlede weens die oorstromings en 48 mense word reeds vermis.

Die regering sal tydelike behuising beskikbaar stel vir diegene wat deur die ramp geraak is.

Die weermag staan die regering by met herstelwerk en basiese dienste.

’n Fonds is gestig waar mense bydraes kan lewer om mense wat deur die ramp geraak is, by te staan.

Meer as 1 600 paaie is vernietig.

Meer as 270 000 leerlinge word deur die ramp geaffekteer, 600 skole is vernietig en 16 skole is glad nie meer toeganklik nie.

Nkosazana Dlamini-Zuma sal vandag die gewysigde regulasies in die staatskoerant publiseer.