Cristiano Ronaldo se pasgebore babaseuntjie sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Cristiano Ronaldo se pasgebore babaseuntjie, een van ‘n tweeling, is oorlede kort na sy geboorte.

Ronaldo en sy vrou, Georgina Rodriguez, het die nuus van hulle seuntjie se dood in ‘n gesamentlike verklaring bekendgemaak.

In die verklaring het die paartjie, wat in Oktober bekendgemaak het dat Rodriguez swanger is met ‘n tweeling, gesê hulle babadogtertjie se geboorte gee hulle die krag om die oomblik met “hoop en geluk” aan te pak.

Die sokkerster (37) en Rodrigues (28) het ook in die verklaring dankie gesê aan die mediese span tydens die geboorte.