Twee boeties sterf tragies weens KZN-vloede

Deel hierdie storie / Share this story

Twee boeties en leerlinge aan die Northdene Preparatory School in Durban is vroeër die week dood weens die vloede in KwaZulu-Natal.

Die skool het in ‘n verklaring gesê die boeties, Layton Engels en Joshua Lodder, is dood weens omstandighede wat aan die vloede verbind is.

Die skool sê die twee seuns sal onthou word vir hulle vriendelikheid, entoesiasme en goeie sportvaardighede.

“Ons gedagtes en gebede is by hulle families gedurende die moeilike tyd.”

Die skool sê ook as enigeen ‘n donasie aan die familie wil maak om hulle deur die moeilike tyd te help, kan die skool by [email protected] gekontak word.