‘Tsoenami’ in hoenderpryse vir verbruikers op pad

Deel hierdie storie / Share this story

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vleisinvoerders- en uitvoerders (AMIE) doen ‘n dringende beroep vir die opheffing van handelstariewe op hoenderpryse en alle pluimveeprodukte, ‘n drie jaar moratorium op enige nuwe tariewe, asook die verwydering van BTW om te verseker dat verbruikers steeds hierdie kritiese bron van proteïene kan bekostig.

Dit is die volmaakte storm, meen AMIE. Inflasie, stygende lewenskoste, werkloosheid, voedselskaarste en verbruikers se onvermoë om hoender, wat ‘n noodsaaklike bron van proteïene is, te bekostig. Die prys van hoender het die afgelope 10 jaar elke jaar met 10% gestyg.

Die verwydering van handelstariewe alleen kan lei tot ‘n daling van 33% in pryse op hoenderstukke met been en tussen 18-20% op hoenderafval.