Lugmagkorporaal (32) beroof, doodgesteek

Deel hierdie storie / Share this story

Die Vrystaatse polisie is op soek na vier verdagtes wat na bewering Maandag, 11 April ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Lugmag aangeval het.

Luitenant-kolonel Thabo Covane, SAPD-woordvoerder, sê polisielede by die gemeenskapsdienssentrum is omstreeks 03:00 van die aanval in kennis gestel.

’n Patrollievoertuig is buite ’n Pub and Grill in Kellnerstraat, Westdene na die toneel gestuur waar lede ’n swart man gevind het wat op sy rug gelê het.

“Volgens getuies is hulle aangeval deur vier onbekende mans wat messe gedra het. Die slagoffer is in die rug gesteek en van ‘n selfoon en motorsleutels beroof,” het Covane gesê.

Die oorledene is geïdentifiseer as ‘n 32-jarige lugmagkorporaal verbonde aan die 16de Eskader wat by Bloemspruit-basis gestasioneer is. Hy is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

’n Saak van moord met ’n bykomende aanklag van roof is by die Parkweg-polisiestasie geopen.

Bronne: MSN, Sowetan LIVE

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Brie Larson sluit aan by Fast and Furious 10 se rolverdeling