Die veteraan-akteur en lid van die Motion Picture Academy, Harry Lennix, het ‘n beroep op Will Smith gedoen om sy Oscar vrywillig terug te gee.
Dit volg nadat Smith Chris Rock berug op die verhoog by die Oscars geklap het en toe weggestap het met die Beste Akteur-toekenning ten spyte van sy optrede.
Die Akademie het Vrydag aangekondig dat hy vir die volgende 10 jaar verbied sal word om die Oscar-geleentheid by te woon.
Hy is toegelaat om sy Oscar te behou, maar Harry Lennix het gesê hy voel Smith se optrede het die aand van sy aansien gestroop, wat bewys is deur die staande ovasie wat Smith tydens sy toespraak gekry het.
“Met een behendige slag het Will Smith ‘n eksistensiële krisis vir die Academy of Motion Picture Arts & Sciences geskep,” het hy gesê. Lennix het verder gesê in hierdie stadium is Smith self die enigste persoon wat die integriteit van die Oscars kan red.
Bronne: MSN, NY Post
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Will Smith-fliek eers uitgestel



