Oud-president Jacob Zuma sal na verwagting Maandag in die hooggeregshof verskyn

Deel hierdie storie / Share this story

Oud-president Jacob Zuma sal na verwagting Maandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg, in KwaZulu-Natal, verskyn vir sy korrupsieverhoor in die wapenskandaalsaak.

Intussen het die Jacob G. Zuma-stigting gister bekend gemaak dat die oud-president advokaat Billy Downer privaat gaan laat vervolg. Zuma wil Downer van sy saak verwyder hê. Volgens die oud-president het Downer persoonlike mediese inligting van hom aan die media laat uitlek.

Advokaat Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het Sondagmiddag bevestig dat die NVG nie vir Downer sal vervolg nie. Hy het gesê Zuma se voorneme om Downer privaat te laat vervolg, is bloot ‘n vertragingstaktiek.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook; Drie mense oorlede in gru-botsing Sondag