Drie mense oorlede in gru-botsing Sondag

Deel hierdie storie / Share this story

Drie mense is Sondag dood ná ‘n botsing reg van voor tussen twee vragmotors op die N1-hoofweg tussen Winburg en die Verkeerdevlei-tolhek naby Bloemfontein in die Vrystaat.

Die pad was teen Sondagmiddag steeds vir verkeer gesluit. Netwerk24 berig volgens Sipho Towa, kommunikasiebestuurder van die Vrystaatse nooddienste, het die ongeluk omstreeks half-vyf Sondagoggend plaasgevind.

Drie mense, onder wie twee vragmotorbestuurders en ‘n medebestuurder, is op die toneel dood verklaar. Towa het gesê teen half-vyf Sondagmiddag was owerhede steeds besig om die toneel op te ruim nadat diesel, wat een van die vragmotors vervoer het, uitgelek het.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Johan Pretorius, DA-koukusleier, sê diegene wat die Mangaung-metro-staatskas geplunder het moet strafregtelik vervolg word