Will Smith-fliek eers uitgestel

Deel hierdie storie / Share this story

Will Smith word deur die gevolge van sy optrede in die gesig gestaar nadat hy Chris Rock op die Oscars-verhoog geklap het.

Volgens berigte het die meeste van die reuse-stroomplatforms soos Netflix en Apple+ onttrek aan die bod om saam met hom aan sy komende biopic te werk.

Boonop is sy flieks Bad Boys 4 en Fast and Loose glo ook op die lange baan geskuif.

Smith het ook uit die Akademie bedank nadat hy kritiek gekry het omdat hy Chris Rock geklap het nadat dié ‘n grap oor Jada Pinkett Smith se kaalkop gemaak het.

Bronne: MSN, Headtopics

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Kyk: Somaliese winkelier sê Durbanse polisie het R37 000 by hom gesteel