Nie lank nie na die naakte liggaam van ‘n 11-jarige meisie in Galeshewe gevind is, ondersoek die polisie nou nog ‘n verkragtingsaak na ‘n 21-jarige man deur inwoners voorgekeer is na hy glo ‘n 11-jarige meisie verkrag het.
Sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder, sê die verkragting het na bewering Saterdag in Donkerhoek in Galeshewe plaasgevind.
Die 21-jarige verdagte bly in aanhouding en sal volgens sers. Sam binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn.
Brig. Belinda Rikhotso, Galeshewe se stasiebevelvoerder, het inwoners geprys vir hulle waaksaamheid om veiliger gemeenskappe te bevorder, maar het ook ‘n beroep gedoen op inwoners om nie sake in hul eie hande te neem nie, maar die polisie te kontak.



