
Mars, oftewel Marius Pretorius, is ‘n kunstenaar om dop te hou. Hy was van kleins af gewoond aan die verhoog en sing al vandat hy 7 jaar oud is. Hy was deel van sy pa se Polisie dans orkes en het daar sy heel eerste optrede gedoen. In 2007 het hy meer begin sing. Hy het kompetisies soos Supersterre, ‘Ons soek die Sanger’ en ook Bloem Idols agter sy naam. Hy was die wenner van Bloem Idols in 2012. Hy was ook betrokke by musiek produksies soos Kansa Skouspel.
Mars sê sy gunsteling liedjie van sy eie is Padkaart. “Maar op shows trek “tuinslang” die meeste aandag.”
Hy het groot geword in ‘n huis waar Elvis Presley op herhaal gespeel was. “Ek het op ‘n stadium in my sangloopbaan tenminste 7 van sy liedjies gesing op elke show.”
Huidiglik is die persoon wat regtig vir hom ‘n inspirasie is Monique Steyn. “Haar menswees en ervaring van die lewe en wat sy alles deur is, kan ek regtig mee relate. Maar nie net dit nie, sy is een yster vrou!”
Mars beskryf homself as ‘n plat-op-die-aarde mens. Hy spandeer graag sy vrye tyd rustig op die plaas en saam met sy familie. Deur die week is Mars ‘n Hvac kontrakteur vir Lenmed Royal Hospitaal en oor naweke sing hy. ‘n Mens kan ook nie anders as om terug te sit en sy grappies en musiek op die verhoog te geniet nie.
Tuinslang was die eerste liedjie wat hy weer geskryf het na ‘n lang tyd. “Ek en Vincent Gordon het gesels en het gedink om iets uit te bring in die bedroefde grendeltyd. En so is tuinslang gebore. Dit is tong in die kies en moet maar met n ligte oor geluister word. My volgende single ‘langsaan my’ is ons tans mee besig. Dit is klaar opgeneem en sal binnekort vrygestel word.”
Mars is ook tans besig met sy video vir die Kontrak 2022 se inskrywing. Klik hier om na sy video te gaan en dit te deel.
“Julle kan my volg op Mars Musiek. Ons sal elke kyk, like en share ongelooflik baie waardeer. Ek wil ook dankie sê aan almal wat my elke dag ondersteun. As jy my weer sien by ‘n show, kom sê hallo!”



