Liggaam van driejarige in bosse gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ‘n driejarige dogtertjie wat as vermis aangemeld is, is gister in bosse gevind.

Volgens die polisie het Boithekgo Chauke op 2 April 2022 in Moganyaka-village vermis geraak. Sy was glo besig om in ander mense se erf te speel.

Die polisie het saam met die gemeenskap begin om die meisie te soek. Haar liggaam is gistermiddag in bosse gevind.

Die polisie ondersoek nou ‘n saak van moord. Omstandighede oor haar dood is nog onbekend.