Gosiame Sithole, die vrou wat beweer sy is die ma van die sogenaamde Tembisa 10, het geëis dat die voormalige Eyewitness News (EWN)-redakteur Mahlatse Mahlase en die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (SANEF) om verskoning vra oor uitlatings wat sy sê onwaar is.
Mahlase, wat ook deel was van SANEF toe die “storie” gebreek het, het bronne aangehaal wat beweer Sithole het geen tekens getoon dat sy geboorte geskenk het of selfs swanger was nie.
EWN het berig dat Sithole medies deur ‘n mediese span by die Thembisa-hospitaal ondersoek is, wat dit kon vasstel, en sodoende haar bewering oor die geboorte van die tienling gediskrediteer het.
Tien maande sedert daardie berugte storie oor die tienling, gee Gosiame Sithole beide SANEF en Mahlase tot 11 April om haar om verskoning te vra omdat beweer is sy was in die eerste plek nooit swanger met die tienling nie.
Sy sê sy en Teboho Tsotetsi, die vermeende pa van die babas, is intussen getroud en soek steeds na hul kinders.
Bronne: Citizen, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Ma van ‘tienling’ wys glo geen tekens van swangerskap, geboorte



