Die jongste weervoorspelling is slegte nuus vir Gauteng, Oos-Kaap, Vrystaat, Mpumalanga en KZN, aangesien hul Vlak 4-weerwaarskuwings in plek bly.
Maar dit blyk dat Noordwes die swaarste aan die uiterste toestande sal dra – en die waarskuwing vir hulle is nou eerder na ‘n Vlak 5 opgestoot.
Donderstorms, kitsvloede en reënval van meer as 200 mm word deur weerkundiges vir die naweek voorspel – met Africa Weather wat die buie as “intens” bestempel.
Vir Sondag word matige tot intense reënval oor die sentrale streke voorspel. Donderstorms is beperk tot Noordwes, en die provinsie het ‘n medium kans op kitsvloede oor die naweek volgens Africa Weather.
Plekke soos Sun City, Potchefstroom, Klerksdorp, Mahikeng en Lichtenburg het almal die gevreesde Vlak 5-weerwaarskuwing gekry, met die oostelike en sentrale dele van Noordwes wat moet gereed maak om kwaai deur te loop.
Die kuslyn tussen Oos-Londen en Port Shepstone, die grootste deel van die Vrystaat, en westelike dele van Noordwes het die geel Vlak 4-waarskuwing gekry.
Inwoners in KZN en Gauteng is ook gevra om op hul hoede te bly.
“Die provinsies wat na verwagting veral geraak gaan word, sluit in die oostelike dele van die Noord- en Oos-Kaap, Vrystaat, Noordwes, Gauteng asook KwaZulu-Natal en die Hoëveldstreek van Mpumalanga.” “Gelokaliseerde oorstromings sal waarskynlik Vrydag die landbousektor, infrastruktuur en nedersettings oor die Noordwes, die noordelike dele van die Vrystaat en Gauteng raak. Voorvalle van plaaslike oorstromings sal na verwagting tot Sondag voortduur.” SAWS-verklaring
Bronne: MSN, The South African
Volg FiND iT hier.



