President Cyril Ramaphosa sê die konflik in Oekraïne het die onvermoë van die VN se Veiligheidsraad blootgelê

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa sê die konflik in Oekraïne het die onvermoë van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad blootgelê. Dít om sy mandaat om internasionale vrede en veiligheid te handhaaf, na te kom.

Ramaphosa het breedvoerig gepraat oor die Russiese inval in die Oos-Europese land toe hy die Suid-Afrikaanse konferensie vir sendinghoofde toegespreek het. Hy her gesê die huidige vorming van die Veiligheidsraad is verouderd en onverteenwoordigend.

Hy het gesê Suid-Afrika het eerder sy internasionale vennote aangemoedig om vertroueboumaatreëls te oorweeg wat Rusland en Oekraïne bymekaar sal bring. Eerder, as om maatreëls aan te neem wat die twee lande verder sal vervreem.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Bejaarde (73) Donderdag oorlede na aanval