Heerlike piesangbrood

Deel hierdie storie / Share this story

Hier is ‘n resep vir heerlike tuisgemaakte piesangbrood. Probeer dit gerus!

Bestanddele

125 ml margarien
300 ml suiker
2 eiers
2 x 250 ml meel
10 ml bakpoeier
2,5 ml sout
5 fyngedrukte ryp piesangs
2,5 ml vanielje-essens

Metode

Room botter en suiker. Klits eiers een vir een by. Voeg die gesifte droë bestanddele by. Meng die piesangs en vanielje-essens by. Bak ±1 uur by 180°C. Koel af.

Wenk: Jy kan dit vries vir tot 3 maande deur lugdig te verpak. Jy kan dit verwarm na ontdooiing vir 15 minute by 120 – 150°C – Boerekos.com