Vlak 4-waarskuwing vir ontwrigtende reën in Bloem die naweek

Deel hierdie storie / Share this story

Ontwrigtende reënval word Saterdag en Sondag oor die sentrale en westelike dele van die Vrystaat en Noordwes verwag.

Oorstromings en swak bestuurstoestande word ook in die Mangaung-metro voorkom.

Met die groot hoeveelheid reën wat verlede naweek in en om Bloemfontein uitgesak het, is die grond versadig en sal enige verdere reën nie kan wegsak nie. Dit kan tot gelokaliseerde oorstromings van laagliggende plekke en die ontwrigting van verkeer lei. Die landbousektor kan na verwagting ook verliese ly.

Mense word gevra om sover moontlik binnenshuis en van die paaie af te bly. Luidens die waarskuwing moet mense nie probeer om riviere of strome wat in vloed is per voet of per voertuig oor te steek nie.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Julius Malema sê dis tyd dat Johann Rupert se rykdom verdeel word