Student gearresteer oor brand by kampus

Deel hierdie storie / Share this story

Die Universiteit van die Vrystaat het die inhegtenisname bevestig van ‘n student wat glo met die brand wat Maandagaand by sy Qwaqwa-kampus uitgebreek het, verbind word.

UV-woordvoerder, Lacea Loader, het gesê die voorlopige bevindinge van dringende ondersoeke wat deur die polisie en die universiteit gedoen is, dui daarop dat twee geboue op die kampusterrein opsetlik aan die brand gesteek is.

Sy het gesê ’n proses om nog verdagtes te identifiseer, is aan die gang, terwyl die instelling dissiplinêre stappe sal instel teen verdagtes wat as studente geregistreer is. Loader het bygvoeg dat die akademiese program by die Qwaqwa-kampus hierdie week meestal aanlyn sal voortgaan.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: EFF maan polisie om nie vyandig te wees terwyl hulle na Johann Rupert se plase marsjeer nie