AfriForum Jeug eis antwoorde van Universiteit van die Vrystaat

Deel hierdie storie / Share this story

AfriForum Jeug het Woensdag ’n brief aan die rektor van die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein gestuur om antwoorde te eis oor die groot bedrag geld wat as toelaes aan sommige studente uitbetaal is.

Hulle eis ook antwoorde oor die brandstigting ná gewelddadige protes-aksie wat Maandag ’n beraamde R35 miljoen se brandskade op die UV se Qwaqwa-kampus tot gevolg gehad het.

Dié brandstigting vorm deel van die oproerigheid omdat studente besware het oor die nasionale hulpskema vir studente se April-uitbetalings.

In die brief aan prof. Francis Petersen word daar onder meer gevra watter dissiplinêre stappe teen die verdagtes van die brandstigting gedoen gaan word, asook watter maatreëls in plek gestel is om ontwrigting van onderrig te voorkom. 

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: EFF maan polisie om nie vyandig te wees terwyl hulle na Johann Rupert se plase marsjeer nie