Julius Malema sê dis tyd dat Johann Rupert se rykdom verdeel word

Deel hierdie storie / Share this story

Die leier van die EFF, Julius Malema, het Woensdag ʼn grondeienaarsoptog in Stellenbosch in die Wes-Kaap gelei.

Die optog was hoofsaaklik na die kantore van Remgro Beperk se voorsitter, Johann Rupert. Malema sê die rede hoekom Rupert so ryk is, is omdat sy voorvaders swart mense in die verlede uitgebuit het.

Die party het 6 April gekies vir die optog omdat dit dieselfde dag is waarop Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap aangekom het. Malema sê dit is tyd dat Rupert se rykdom verdeel word.

Die memorandum wat die EFF Woensdag by Remgro oorhandig het, sluit in eise dat die sakeman al sy eiendomme bekend maak en hoe sy familie dit verkry het, sowel as die “billike herverdeling” van al die grond in sy besit of in dié van sy sake-onderneming.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: EFF maan polisie om nie vyandig te wees terwyl hulle na Johann Rupert se plase marsjeer nie