Die sluikhandel van sigarette bly ʼn probleem en die sluikhandelmark groei daagliks. Selfs na die opheffing van die Covid-19-verbod op sigaretverkope.
Volgens British American Tobacco Suid-Afrika word hierdie onwettige sigarette vir tot so min as sewe rand vir ʼn pakkie van twintig verkoop. Dit is minder as ʼn derde van die minimum invorderbare belasting op ʼn pakkie. Die minimum invorderbare belasting is die minimum bedrag wat ʼn vervaardiger aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens per pakkie sigarette moet betaal.
Volgens British American Tobacco is dié bedrag tans R22.79.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Vlak 4-waarskuwing vir ontwrigtende reën in Bloem die naweek



