Suid-Afrika het 1 538 nuwe aangemelde Covid-19-gevalle

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrika het die afgelope 24 uur 1 538 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld.

Dit bring die totale aantal laboratorium-bevestigde gevalle op 3 725 177 te staan. Hierdie toename verteenwoordig ‘n 6,2% positiwiteitskoers.

Intussen sê die departement van gesondheid dat daar weens die deurlopende ouditoefening ‘n agterstand van Covid-19-sterftegevalle kan wees wat aangemeld is.

Die departement het 15 sterftes aangemeld en van hierdie het sewe in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind. Dit bring die totale sterftes tot op hede op 100 067 te staan.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: KYK: Tennisspeler klap teenstander op tennisbaan