Kry jou komberse, dit gaan koud raak

Deel hierdie storie / Share this story

Die eerste sneeuval vir 2022 word die naweek in dele van Suid-Afrika verwag, aangesien ‘n kouefront sy pad binneland toe maak.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het gesê moontlike sneeuval word oor die hoogliggende gebiede van Lesotho, Oos-Kaap en die Drakensberg verwag.

Daar word gesê dit is weens die verwagte kouefront.

Temperature sal na verwagting Vrydag begin daal. Meer inligting sal eers later hierdie week beskikbaar wees.

Die SAWD het intussen waarskuwings uitgereik vir skadelike golwe vir die Wes-Kaap Dinsdag en Woensdag.

Die gebiede wat deur die skadelike golwe geraak sal word, sluit in:

• Hermanus

• Stilbaai

• Nelson Mandelabaai

• Port Alfred

• Knysna

• Plettenbergbaai

Bronne: MSN, Daily Mirror

Volg FiND iT hier.

Lees ook: KYK: Tennisspeler klap teenstander op tennisbaan