Madonna se ‘nuwe gesig’ skok aanhangers

Deel hierdie storie / Share this story

Madonna het ‘n video op TikTok gedeel waarin sy vreemd lyk met geswelde lippe en skerp wangbene.

Alhoewel dit moontlik is dat sy ‘n filter gebruik het, het aanhangers na die kommentaarafdeling gestroom om hul kommer oor die legendariese musikant en haar oënskynlike groeiende obsessie met haar voorkoms uit te spreek.

In die snit wat Sondag kort voor die Grammy-toekenningseremonie gedeel is, het die ikoon melkgroen oë, pofferige lippe en buitengewoon skerp wangbene.

Sy word gesien met ‘n deurskynende swart top met geen bra onder nie, ‘n reeks kettings op haar bors, terwyl haar hare in enkelvlegsels gevleg is terwyl sy na die kamera in die selfie-gestileerde video oorleun.

Die snit is reeds meer as 8,8 miljoen keer gekyk en het ook duisende opmerkings van aanhangers wat meestal bekommerd is oor die Material Girl-sanger se geestesgesondheid.

Ander mense glo weer sy het dit gedoen om te wys dat mens nie plastiese chirurgie moet ondergaan nie.

Bronne: MSN, Headtopics

Volg FiND iT hier.