Bejaarde egpaar met skietwonde by Voëlklip aangetref

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie het met ‘n geregtelike ondersoek begin nadat twee mense Sondagmiddag omstreeks 16:30 by die berugte uitkykpunt by Voëlklip in die Wes-Kaap geskiet is.

Die slagoffers, Ren en Leonie van Dyck, was albei in hul sewentigs.

Ren is op die toneel dood verklaar en sy vrou is na die hospitaal gehaas nadat verbygangers op hul afgekom het en die polisie ontbied het. Die egpaar het op ‘n bankie gesit wat op die see uitkyk.

Leonie het egter Dinsdagoggend aan haar beserings beswyk.

Die polisie vermoed Ren het eers vir Leonie geskiet en toe homself.

Die egpaar het glo ‘n brief gelos.