Gebed vir Voëlklip-tragedies

Deel hierdie storie / Share this story

Na aanleiding van die onlangse tragiese en hartseer gebeure by Voëlklip op Heroldsbaai, waar ‘n bejaarde egpaar glo selfdood gepleeg het, word ‘n gebeds-/intersessiegeleentheid vanmiddag Woensdag 6 April gehou.

Volgens die George Herald het ds. Johann Winterbach die uitnodiging vir die gebedsgeleentheid namens die NG gemeente George-Suid, waarvan Heroldsbaai ‘n wyk is, uitgestuur.

Dit begin om 17:00 en daar sal op twee plekke gebid word – by die kruis op Voëlklip en in die kerkgebou op Heroldsbaai (oorkant die kafee).

Persone wat dit wil bywoon, kan kies by watter een van die twee plekke hulle wil bid.

Almal is welkom.