Steve Hofmeyr vra om verskoning oor LGBTQIA+-video

Deel hierdie storie / Share this story

Steve Hofmeyr het op sy Facebook-blad om verskoning gevra aan die LGBTQIA+-gemeenskap vir die video wat hy gemaak het.

Hofmeyr se video het gevolg na ’n hoof uitvoerende lid van Disney gesê het dat Disney meer gay karakters wil insluit en op dié manier meer inklusief kan wees.

LGBTQIA+ verwys na lesbies, gay, biseksueel, transgender, queer, interseks en aseksueel. Die plus aan die einde van die afkorting staan vir ander geslagsidentiteite soos nie-binêr.  

Netwerk24 berig Hofmeyr het in die vorige video gesê: “Disney waarsku die wêreld dat hy sy kinderkarakters gaan verander in elke seksuele LGBTQIA+-voorkeur onder die son.”

“Waar my generasie geleer het om met muise, honde en eende te praat, gaan ons kinders geleer word om met muise, honde en eende seks te hê.”

Lees die vorige berig hier.

Lees ook: Twee boeties verdwaal vir byna vier weke in Amasone