Baie lede van die LGBTQIA+-gemeenskap is woedend na Steve Hofmeyr se uitlating oor Disney en bestialiteit.
Hofmeyr het Donderdag ‘n video op sy Facebook-blad gedeel (‘n video wat intussen verwyder en met ‘n video ter verduideliking vervang is).
In die video verwys Hofmeyr na ‘n artikel in New York Post waarin ‘n uitvoerende lid van Disney se bestuur sê dat hulle meer inklusief gaan raak met hulle inhoud.
Netwerk24 berig Hofmeyr het in die video gesê: “Disney waarsku die wêreld dat hy sy kinderkarakters gaan verander in elke seksuele LGBTQIA+-voorkeur onder die son.”
“Waar my generasie geleer het om met muise, honde en eende te praat, gaan ons kinders geleer word om met muise, honde en eende seks te hê.”
Lede van die LGBTQIA+-gemeenskap is woedend oor Hofmeyr se uitlatings en sosiale media is vol stellings wat sê Hofmeyr se uitlating is “skokkend en onverantwoordelik”.
Lees ook: Twee boeties verdwaal vir byna vier weke in Amasone
Volg FiND iT hier op Facebook.



