’n 60-jarige Duitse man het na bewering die Covid-19-entstof sowat 90 keer gekry sodat hy vervalste entstofkaarte met regte entstof-nommers kon verkoop.
Volgens Duitse nuusagentskappe het die man maande lank tot 90 keer Covid-19-inentings ontvang totdat die polisie hom gevang het.
Die verdagte is nie aangehou nie, maar word ondersoek vir die ongemagtigde uitreiking van inentingskaarte en dokumentvervalsing, het plaaslike media berig.
Hy is by ‘n inentingsentrum in Eilenburg in Sakse gevang toe hy vir die tweede dag in ‘n ry vir ‘n Covid-19-inenting opgedaag het.
Die polisie het op verskeie skoon inentingskaarte wat hy by hom gehad het beslag gelê en strafregtelike verrigtinge begin.
Dit was nie onmiddellik duidelik watter impak die ongeveer 90 dosisse van Covid-19-entstof, wat van verskillende handelsmerke was, op die man se gesondheid sal hê nie.
Bronne: Huff Post, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: ‘Update’ jou Google Chrome dadelik!



